|
Die keuse
van die Kerk se Logo weerspieël die kernwaardes van Sewendedag Adventiste.
Die middelpunt is die Bybel, die Woord van God, geopen om te kan lees en
die beginsels daarin vervat te kan uitleef. Die kruis is ook in die middel
geplaas as teken van die sentrale tema van die Bybel se boodskap.
Bokant die kruis en die geopende Bybel is die brandende vlam van die
Heilige Gees, die Boodskapper van waarheid.
| Die lyne aan die bokant van die ontwerp stel voor ’n voortdurende
opwaartse beweging wat die opstanding en die opvaar na die hemel
simboliseer met die wederkoms van Christus - die uiteindelike mikpunt van
ons geloof.
|
Geopende Bybel
Die Bybel vorm die
basis van die ontwerp en verteenwoordig die Bybelse fondasie
van ons geloof. Dit
word weerspieël in ’n ten volle geopende posisie wat die
volle aanname van Gods Woord voorstel.
|

|
Vlam
Die vlam word gevorm deur drie lyne wat
die aardbol omsirkel. Die
lyne verteenwoordig die drie engele van Openbaring 14 wat die
aarde omsirkel en ons missie om die evangelie te neem na die
hele węreld. Die
ontwerp vorm in geheel ’n vlam wat die Heilige Gees
simboliseer.
|
|
Kruis
Die simbool van die kruis verteenwoordig die evangelie van redding en is geposisioneer in die middel van die ontwerp om die klem te lę op Christus se offer, wat die sentrale tema is van ons
geloof. |
|