Resepte

 'n Paar beproefde gunstelinge

Beskuitvingers • Roomys • Volgraanbrood • Granola • Stappers Ontbyt • 

  KRUMMEL BESKUIT

3 Koppies Allbran vlokkies.
4 Koppies Semels
3 Teelepels Bakpoeier
1 Kg. Bruismeel
1 Koppie Sonneblomsaad
1 Koppie Sesamesaad

1½ Koppie Bruinsuiker
500g. Botter

Smelt botter en suiker saam op 100% vir 3 min. (Mikrogolfoond)
Gooi botter & suiker mengsel by meelmengsel.
Meng tot dit soos krummels lyk.
Klop 650 ml. dikmelk (Amazi) en 2 eiers saam.
Meng deeglik.

Deel in vier en bak 5 min. op 70%.
Draai om.
Bak 5 min. op 100%.
Laat staan vir 5 min.
Sny en droog uit.

Top

  BESKUITVINGERS

650 g (5 x 250 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
50 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml sout
350 g (750 ml) volkoringmeel
150 g (500 ml) verkrummelde Weet-Bix beskuitjies
500 g botter of margarine
500 ml karring-, suur-, of gewone volmelk of geroerde Bulgaarse joghurt
400g (500 ml) suiker
10 ml bruin asyn
2 eiers

Voorverhit die oond tot 200 °C (400 °F). Smeer rolkoekpanne of bespuit hulle met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak. Voeg die volkoringmeel en Weet-Bix by en meng. Vryf die botter of margarine met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit soos fyn krummels lyk. 
Klits die karringmelk (of dit wat gebruik gaan word) met die suiker, asyn, en eiers tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en meng dit met ‘n houtlepel tot ‘n sagte deeg; krummel nog Weet-Bix by as die deeg onhanteerbaar sag is.
Plaas die deeg op ‘n deegplank wat mildelik met meel bestuif is. Bestuif ‘n rolstok ook goed met meel. Rol die deeg sowat 2,5 cm dik uit. Sny die deeg in repe van nagenoeg 7 x 2 cm elk. Plaas die repe naby mekaar op die rolkoek panne. Bak hulle ‘n halfuur tot mooi bruin.
Breek die beskuite oop en droog hulle dadelik uit.

  Top

  ROOMYS

4 Eiers, geskei
½ Koppie fruktose (of 1/3 koppie heuning)
2 Koppies room
2 Teelepels vanielje

Klop die room.
Skei die eiers.
In 'n ander houer, klop die eierwitte todat dit styf is.
Voeg die fruktose (of heuning) geleidelik by en meng.
Voeg slegs een eiergeel by en hou aan klop vir 'n paar minute.
Vou die geklopte room en vanielje versigtig in.
Skep die mengsel versigtig in 'n vrieskasbestande houer.
Laat staan in vrieskas todat dit stol, - ongeveer vyf uur.

Top

  VOLGRAANBROOD

1½ Kg. "Tru weat"
1½ Kg. "Nutty weat"
2 Pakkies droë kits-suurdeeg
25 ml. Sout
1 Koppie Sonneblomsaad
1 Koppie Sesamesaad
1 Koppie Sojameel *
2 Liter Louwater

*(Aanbeveel vir hoër voedingswaarde.)

Kap Sesamesaad fyn met kapmenger in 125 ml. louwater.

Meng droë bestandele in groot skottel.
Voeg sade by.
Roer goed deurmekaar.
Maak 'n holte in die meel.
Voeg gekapte Sesamesaad by.
Knie met louwater tot 'n elastiese deeg. (Gooi water bietjie vir bietjie by; soms gebruik mens nie al die water nie.)
Knie baie goed deur.

Maak warm toe: - sit in skoon plastieksak, met kombers bo-oor.
Laat rys vir 2½ - 3 uur.

Knie af.
Sit in vier kleinerige (23 cm. by 8 cm.) broodpanne, (smeer goed).
Laat panne vol rys (20 - 30 min.).

Bak by 350 °F (180 °C) vir 1 uur.

Haal uit panne en maak toe met 'n skoon doek.
Vou plastieksak bo-oor sodat brood kan sweet om korsies sag te hou.
Laat afkoel, en vries weg. (Om gisplantjie dood te maak.)

Top

  GRANOLA

6 Koppies HAWERMEEL (Oats)
1 Koppie SOJAMEEL (Soya Flour)
1 Koppie KORINGKIEM (Wheat Germ)
1 Koppie BRUINBROODMEEL (bv. Nutty Wheat)
½ Koppie KLAPPER (Coconut)
½ Koppie SESAMESAAD (Fyngekap in kapmenger [e. Liquidiser] saam met ‘n bietjie water; om Magnesium & Kalsium ten volle te benut.)
1 Koppie SONNEBLOMSAAD
1 Koppie NEUTE (Enige van die volgende of 'n mengsel daarvan: PEKANS, GRONDBOONTJIES, KASJOES, AMANDELS, HASELS, BRASILIAANS.)
1 Teelepel SOUT
½ Koppie HEUNING
½ Koppie WARM WATER (Los heuning op in water.)

Meng alles saam, en bak in 'n gewone oond by 250 °F (120 °C) vir 1½ uur.
NB Roer af en toe (anders brand dit).

Voeg nou by :

1 Koppie ROSYNTJIES
½ Koppie GESNIPPERDE DROë VRUGTE
 

  Om 'n STAPPERS ONTBYT te maak, weeg die volgende saam af in 'n plastieksakkie:

100 tot 120 gm. GRANOLA
25 tot 30 ml POEIERMELK Verkieslik Sojamelk, bv. "Isomil", omdat die voedingswaarde hoër is.

* Vir variasie kan 'n bietjie Allbran vlokkies, Pofkoring, ens. ook bygevoeg word.

In die veld voeg jy 'n bietjie water en heuning (nie suiker) by na smaak.

Eet ‘n vars vrug of ‘n bietjie droëvrugte saam met bogenoemde ontbyt vir ekstra energie.

Drukker Druk hierdie bladsy 

  Resepte vanaf 3ABN

 

Top | Tuis | Kontak ons |


endbar